ONS HET DIE NASIONALE ROBOTICS KOMPETISIE GEWEN

Ons kan Amerika toe gaan EINDE APRIL... VERTEL MY MEEREK IS IN HOE KAN EK HELP
HIERDIE IS HOE JY ROBOTIKA OPWINDEND MAAK!

SO WAT HET NOU AL GEBEUR

Op 29 Feb die jaar, na maande se werk, stress, laat ure en naweke van swoeg en sweet, het ons uiteindelik deelgeneem aan die Nasionale Suid Afrikaanse kompetisie wat skole vanaf lande oor Afrika teen mekaar laat kompeteer het met hulle robotte, ingenieurs beplanning, dokumentasie asook spangees.
Ek is nogal trots om te se dat as kaptein van die senior Waterkloof span, The Fifth Order, het ons weggeloop as die algehele wenners van die FTC SA kampioenskappe.

Ons het ook vierde gekom in die kwalifiserende kompetisies en uitdunne, wat behels dat die robotte teen mekaar kompeteer.

 

DIT IS TYD OM DIE WERELD TE VERANDER

Kyk gerus hoe Waterkloof se FTC Robotics span kaptein dink en uitvoer.

ONS KOMPETEER NASIONAAL

Ons voorlaaste ‘match was amazing’.

Kyk gerus na die einde waar die manne die wedstryd wen, deur kalm te bly en agter hulle mede span se robot wat gebreek het aan die begin van hierdie rondte, te kyk en hom te help.

Hoendervleis tyd!

SO BIETJIE AGTERGROND

WIE IS ONS

Ons is n span van 8 leerlinge van Hoërskool Waterkloof. Die span se naam is The Fifth Order. Ons neem deel aan n internasionale program genoem First Tech Challenge (FTC). In Suid Afrika is daar klomp ander spanne wat deelneem, asook spanne van reg oor Afrika.
Die wenner van die finale Nasionale kompetisie word uitgenooi om in Amerika deel te neem.

WAT MOET ONS DOEN

Ons moet n robot bou wat sekere take moet kan verrig saam met 3 ander robotte binne in ‘n baan, onder sekere omstandighede en binne ‘n gegewe tyd. Die program leer ons jong breine van groep bestuur, probleme oplos met tegnologie, harde werk en deursettingsvermoë.

ONS KOOK, LEES HIER

Ons span van 8 werk al van Augustus 2019 amper daagliks om die robot te ontwerp, bou, programmeer, operate, regmaak, dokumentasie opstel asook leer hoe om met hom te kompeteer. Oom Eugene, (nie my pa nie, ‘n ander Eugene ook in Robotics, kan jy glo), Juffrou Carin en tannie Ellana werk met ons en maak die vuur onder ons.

KOM ONS PRAAT GELDJIES

EEN CLICK EN JY KAN GOU SKENK MET KREDIETKAART OF INSTANT EFT

Vir CAPITEC of direkte EFT betaling na ons rekening, kontak my deur die vormpie hieronder in te vul, dan stuur ons die bank details gou.

HOEKOM

As nasionale wenners is ons, Fifth Order span, uitgenooi na Amerika om ons skool en land te verteenwoordig. Ons moet minimum 4 spanlede in Detroit, Amerika, kry om deel te kan neem voor 70,000 internasionale toeskouers en deelnemers.

WAT EK BENODIG

Ek het mulla nodig om my daar te kry, en te gaan deelneem in ons span. Ek probeer dmv skenkings my minimum target van R40g in te kry voor einde Maart, om my deel by te dra, en een van die spanlede te wees wat Amerika toe gaan.

HOE OM TE SKENK

As jy enige skenking kan maak, click asb net op enige van die ‘buttons’ hierbo en dit vat jou dadelik na die betaal platform vir die bedrag waarop jy ge’click’ het.

KAN EK MEER BYDRA HOOR EK JOU VRA?

Ja jy kan. Buiten vir myself, soek ons skenkings vir die span en die lede wat self nog fondse soek. Maar kom ons praat liewer direk oor groter betrokkenheid.

Kontak my

As jy enige vrae of verdere belangstelling het en kan help, kontak my asb deur hierdie vormpie in te vul.

Ek en my pa sal die email kry en dadelik in kontak wees.